Ask an expert
Question

08 Feb 2006

Borspyne
Ek kry borspyne op n gereelde basis/ sweet baie/ duislig/
was vir Ekg my pols het vinnig opgegaan met oefenning en na die tyd het my hart vinning geklop is dit gevaarlik my GP se dat angsaanvalle dit kan veroorsaak is dit so wat stel jy voor
Dankie
Answer 820 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Hallo Christina,

Ja, dit kan beslis gevaarlik wees. Jou EKG resultate dui aan dat jou hart nie baie fiks is nie, en dat jy nie sommer hard moet oefen nie, maar stagig begin, en geleidelik harder oefen soos jy mettertyd meer fiks word.

Angsaanvalle kan tot ‘n vinnige pols lei, net soos skildklier wanfunksie kan doen. As jy aan erge bloedarmoed lei, kan jy dieselfde simptome kry.

Wat ek voorstel is dat jy nou ‘n spesialis kardioloog sien: met jou simptome en EKG moet jy ‘n spesialis opinie kry, om seker te wees dat jy NIE ‘n hartprobleem het nie. As dit bevestig word, kan jou GP met veilgheid jou angstoestand behandel. Maar as jy net vir angs behandel word, terwyl jy ‘n regte hartkwaal het, kan jy in ernstige moielikheid beland.

Ek hoop dinge kom reg.

HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19312 votes
Vote