Ask an expert
Question

12 Jan 2006

"Goed" wat Warfarin se effektiwiteit kan beinvloed
Hi

My man het sowat 4 maande terug 'n mitrale hartklepvervanging gehad. Hy is nou op Warfarin en ek wil graag weet of daar iets is wat die INR tellings kan beinvloed, soos bv. rook, alcholgebruik, sekere kossoorte, ens.? Kan u asb. detail aanstuur na my email adres?
Groete.
Answer 8,297 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Hallo Amelda,

Ja, daar is baie dinge wat Warfarin kan affekteer – ‘n hele lang lys. Maar een van die belangrikste is die respons van die individuele pasient. Dit is die rede vir die gereelde INR toetse, om noukeurig die uitwerking in ‘n individu te monitor, en die dosis Warfarin aan te pas. Die doel is om die INR vlak stabiel te hou, sodat die klep nie stol nie, maar dat die pasient ook nie onbeheerbaar bloei nie.

Die volle lys van goed wat Warfarin beinvloed is heeltemaal te lank om op die forum in te tik, so ek gee die volgende opsomming as ‘n gids. Oor die algemeen, moet pasiente op Warfarin ander anti-stol medikasie vermy, soos Aspirin, tensy die kardioloog spesefiek aspirien voorskryf.(Dit gebeur min, maar is moontlik in sekere omstandighede.) Daar is ook sekere antibiotika wat glad nie saam met Warfarin gegee mag word nie, soos bv. kefalosporiene, sulfas, tetracycline,. Sekere teensuur medikasies, Vitamien K, sekere teenswam-middels, anti-inflammatories middles (soos Indomethacin), sekere anti-depressie medikasie : al hierdie medikasie kan Warfarin sterk beinvloed. Onder die homeopatiese middels, moet die volgende vermy word : St John’s Wort, Coenzyme Q10, groen tee, ginseng, ginko – en nog ‘n lang lys meer. ALCOHOL behoort totaal te vermy word : ‘n “binge” van ‘n groot hoeveelheid alcohol sal die INR tydelik verhoog, en kronies daaglikse gebruik kan die INR verlaag. Dit is dus beter om alcohol total te vermy.

Die volle lys van interaksie kan by jou apteker verkry word – vra dat hy vir jou die “package insert” gee wat saam met die Warfarin bottle kom. Daar sal jy al die detail kry. Ongelukking kan die forum nie e-pos address aanvar nie.

Ek hoop die inligting is van nut.

HeartDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.