Ask an expert
Question

01 Feb 2006

Hart klop "bubbles"
My hart voel of hy soms "lug bubbles" klop. Dit gaan al vir meer as 'n jaar so aan, maar dit gebeur nou meer gereeld. Ek is bekommerd daaroor en wil net weet of ek moet dokter toe gaan. Ek het lae bloeddruk, hou dit verband daarmee? Ek voel uitasem en duislig ook. Is dit rede tot kommer?
Answer 964 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Hallo Belommerd,

Ja, jy moet beslis dokter toe gaan, maar jy sal baie meer spesefiek moet wees in die beskrywing van jou simptome : uit ‘n mediese oogpunt, beteken “lug bubbles klop” eintlik niks nie. So, probeer besluit of jou pols vinniger of stadiger word, of jy diuiselig voel, word jou pols tydelik onrëelmatig, slaan dit ‘n slag oor, het jy ooit flou geval? ens. Hierdie inligting is die soort wat jou dokter wel ‘n leidraad sal gee, en hom in ‘n beter posisie sal plaas om jou te help.

Jou lae bloeddruk mag wel ‘n rol speel, maar jy mag ook ‘n ander tipe probleem hê, wat ‘n ondersoek en EKG sal kan opspoor.

Sterkte, ek hoop alles kom reg.

HeartDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9379 votes
No
67% - 19431 votes
Vote