Ask an expert
Question

15 Jan 2006

hartkloppings wat ek kan voel en hoor
het geen familie geskiedenis van hartsiektes nie.ekis 33 jaar oud manlik en redelik aktief by werk.het die afgelope twee of so maande n lelike hoes was dikwels in die aand voorkom en met slym gepaardgaan.wat my pla is as ek op my sy of rug gaan le,kan ek hoor en voel my hart gee so af en toe n ekstra klop.indien ek regop is kom ek dit nie agter nie.het ook geen pyn in borskas of ongemak nie.net die ekstra klop wat ek ook partykeer in my keel kan voel/hoor.
Answer 1,741 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Hallo Kobus,

Dit klink asof jy ‘n infeksie het, wat slym produseer, en jou lugwëe pla as jy gaan lê. As jy slym kan sien wat ‘n geel of groen kleur het, sal jy deinitief baat vind by ‘n kursus antibiotika.

Die ekstra klop wat jy kan hoor en voel kan ‘n onskuldige “ekstrasistool” wees : hierdie soort klop gebeur so af en toe, voel asof hy harder as normaal klop, en word gevolg deur ‘n pouse voor die volgende normale klop gebeur. Die ekstrasistool kom dikwels voor in gesonde jong mense, en verdwyn met oefening. Jy sal dit meer dikwels voel as jy ‘n rukkie gaan lê het, want dan vloei daar meer bloed terug na die hart as wanneer jy staan .

Die toestand is gewonlik onskuldig, maar as dit meer gereeld voorkom, sou ek jou raadpleeg om jou dokter te vra vir ‘n EKG, veral ‘n “rhythm strip” – hy sal weet wat dit is.

Groet,

HeartDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19311 votes
Vote