Ask an expert
Question

12 Jan 2006

HARTSEER...
Hi dokter

Ek het nounet een van daardie 911 programme op Reality TV gesien en daar was 'n seuntjie wat besig was om te sterf aan 'n asma-aanval. Sy ma het hom kalm probeer aan die lewe hou totdat die ambulans gekom het. Sy het vir 'n paar minute net met die -|- aksentrum gepraat en hom aan die lewe probeer hou. My stiefma het vir my gesê dat dit haar herinner aan my pa se storie hier by die huis. Dat daar geen tyd is om te huil wanneer mens so 'n persoon se lewe op daardie oomblik moet red nie - sy het gesê dit voel soos gister wat dit gebeur het, en dit is die 9de Februarie 'n jaar gelede. Ek het skoon trane in my oë gekry toe sy dit vir my sê. Sy het genoem dat dit besig is om lelik op haar te begin werk. So asof dit gister was. Daar was ook 'n storie van 'n vrou wat 'n hartoorplanting moes kry en sy het 7 dae vir 'n hart gewag. Ontsettend hartseer. Ek het net weer besef hoe goed God vir my en my gesin is.

Dokter, dit voel asof die asemhaling vandag bietjie beter is. Ek het gisteraand ontdek dat daar goed in my neus is wat die asemhaling half blok deur my neus. Dit is baie taaierig en ek moes dit loskry deur hard te snuif. Blaas help nie eers nie. Dit het gebeur vandat ek vir 'n week toe ons weg van die huis af was nie my neus geblaas het nie. Toe ons gaan kamp het. Dit is ook dalk nou bietjie volop en ek moet weer daarvan ontslae raak. Dit is so moeilik om uit te kry dat dit soos sement voel. Ek het voorheen altyd my neus geblaas omdat ek oorprobleme gehad het. Ek gaan nie weer so op-slip met dit nie. Ek het met my pa gepraat en toe sê hy dit kan dalk met die seisoen te doen hê dat my neus binne dalk bietjie geswel is en toe sê hy ek moet dalk 'n SinuMax drink. Hoop maar dit help. Ek dink dit is met my neus te doen omdat ek makliker deur my mond asem haal en ook dalk bietjie stres :-) Dit voel ook asof ek baie slym sluk van vandag af. Dokter het toe nie op die tande vraag geantwoord nie. Ek dink dokter het dit dalk gemis: Ek copy en paste dit net weer:

HEARTDOC...

HeartDoc ek het net vergeet. My draadjies in my mond was ook in Desember afgehaal. Kan dit dalk wees dat iets al van laas jaar af skeef of verkeerd gegaan het met die skuiwing van my kakebeen? Dis maar net 'n gedagte...

Dankie!!
Morne

Moontlik 'n probleem dokter?

Dokter, dit voel regtig al vir my asof dokter deel van ons familie is. Dokter is altyd so simpatiek en vriendelik. Toe ek vir my pa dokter se vorige pos oor die telefoon lees, het hy gesê dat ons definetief een of ander tyd dokter sal moet kom ontmoet en dat ons al sulke goeie vriende is :-)

Hoop om gou weer te gesels. Ek probeer om nie aan die asemhaling-storie te dink nie en ek gaan 'n SinuMax drink en kyk wat gebeur. My rug is ook bietjie seer vandag, maar ek dink ek het die spiere skoon verstuit met die diep in-en-uit asemhalings :-p

Dankie vir alles dokter!!
Morne.
Answer 975 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Hallo Morné,

Dankie dat jy dit genoeme het. Ek het my antwoord geskryf, en toe net nie “ge-paste”nie. Ek vra verskoning. Kyk onder jou skrywe 566, in die kommentaar boksie.

Die neus-storie maak sin. Dit klink soos ‘n mate van sinusitis, en jy kan ook ‘n “post-nasal” drip ontwikkel het. Ja, neusblaas is tog die beste, en die raad wat jy gekry het om gereeld en goed uit te blaas (wens die ore storie) is goed. As die slym verdun, sal jy weer beter kan uitblaas. As jy die slym kan sien, kyk wat sy kleur is : enige geel of groen slym beteken dat daar ‘n bakteriële infeksie in die sinuse is, en dat jy baie beter af sal wees met ‘n kort kursus antibiotika. Onthou ook, dat een van die neus se funksies, is om as ‘n lugreling te werk. Die neus filter, verwarm en bevogtig die ingeasemde lug, om die lugwëe en longe te beskerm teen drastiese veranderinge. As jy aanmekaar deur jou mond asemhaal, kry jou lugwëe lug wat koud, droog en ongefiltered is. Dit sal interessant wees as jou asemhalingprobleme opklaar waneer jou neus weer reg is. Ek hoop so, want dis ‘n eenvoudige verklaring, en een wat jy self opgespoor het.

Ek dink jy is reeds halfpad mediese skool toe !!

Lekker bly.

HeartDoc.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9380 votes
No
67% - 19432 votes
Vote