Ask an expert
Question

25 Oct 2006

longprobleme
My seuntjie is gebore op 31wk agv HELLPsindroom. Hy het 1.7kg geweeg, maar het nie oorleef nie! Sy longe was nie sterk genoeg nie. Alhoewel ek op 29wk kortisoon inspuitings gekry het vir sy longe! Die dr het gese dit is nie agv van die hellp sindroom nie, nou waarom was sy longe nie sterk genoeg nie? ek dog dit ontwikkel op 28/29 wk?
Answer 1,620 views
Expert
premature baby expert

01 Jan 0001

Hallo Ciska

Jong, longetjies ontwikkel vandat die baba begin ontwikkel in die baarmoeder, maar is nog nie matuur genoeg om buite die baarmoeder te oorleef voordat die swangerskap ten minste 38 weke is nie. Ons gee kortisoon om die surfaktant (wat die longe moet oophou wanneer baba asemhaal) se produksie te vermeerder, maar dis nooit 'n waarborg dat dit genoeg gaan wees nie. Dis 'n hulpmiddel, nie 'n absolute oplossing nie.

Seuntjies het ook nog testosteroon wat teen hierdie maturiteit van die longetjies werk. Verder kan so 'n klein outjie maklik 'n infeksie kry, omdat die immunsisteem ook nog nie voldoende ontwikkel is nie, en dan kan die longetjies net nie byhou nie en dit kan lei tot sterfte.

Hoop dit gee vir jou antwoorde op jou vrae.

Vriendlike groete
Welma
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.