Ask an expert
Question

23 Jan 2006

Terugvoer oor vorige vraag
Dankie vir die volledige antwoord. Ek het die EKG laat doen wat die geneesheer toe na die kardioloog gefaks het. Ek verstaan nie alles nie, maar dit lyk vir my dat die are vernou het nadat ek die betablokker ophou gebruik het en dat dit stremming op die hart plaas en moontlik 'n hartspier beskadig het. My vraag is nou of dit die skade sal omkeer as ek weer die gebruik van Ten Bloka hervat en 'n gesonder dieet volg. Ek gebruik ook Lippitor vir cholesterol (laaste lesing 4.2), rook nie en speel muurbal. Ek's 51 jaar oud.
Ek is verbaas dat u sê die bloeddruk is te hoog, want meer as een arts het gesê dit moet net die bo 140/90 nie. Wat behoort dit dan te wees?
Answer 4,461 views
Expert
HeartDoc

01 Jan 0001


Hallo weer Daan,

Dankie vir die terugvoering. Ek is bly jy het so vinnig reageer, en dat jou GP jou kon uithelp.

As ‘n kroonaar vernou is, word dit gewoonlik veroorsaak deur ‘n aanpaksel van cholesterol binne in die aar. Die vernouing kan so aangaan dat daar uiteindelik amper geen bloed deur die aar gaan vloei nie. Dit beteken dat die area van hartspier wat met bloed en suurstof deur daardie vernoude aar gevoer word, nou ‘n kritiese tekort het. Dit veroorsaak ‘n speirkramp ( soos in jou kuite of jou sy as jy skielik te vinnig stap). Maar omdat dit in die hart gebeur, gee ons hom ‘n spesiale naam – “angina”. As die vernouing nie verwyder word of die aar nie kan dilateer nie, gaan die area van hartspier so ‘n kritiese tekort ondervind, dat dit beskadig word – met ander woorde, die spier gaan dood. En dit is permanent. So, as daar ‘n klein area van “beskadige hartspier” op die EKG opgetel is, beteken dit dat hier en daar, daar areas van dooie hartspier is. Dit noem ons “infarksie” wat die resultaat is van ‘n hartaanval. Dit prentjie wat ek nou geskets het kan baie goed jou simptome verklaar.

Nou jou vraag is, is dit omkeerbaar. As die kardioloog se verslag net van “isgemie” praat, dan kan daardie areas gered word as die vloei herstel is. ( bv. met ‘n stent of omleiding) Maar as hy “infarkse” of “Q-golwe” of “subendokardiale infarksie” noem, beteken dit dat van die spier doodgegaan het, en dit is nie omkeerbaar nie. Oor die bloeddruk – deesdae mik kardioloe op 120/80 as die ideal, en 140/90 word deur die American Heart Association beskou as “Stage 1 hipertensie. Jou Tenbloka sal help om die bloeddruk weer af te bring, wat die lading en stress op die hart sal verminder. Onthou die bloeddruk is die liggaam se druk waarteen die hart moet werk om sy bloed uitgepomp te kry. As die druk hoog is, sukkel die pomp meer: as die druk verminder word, kan die hart meer ontspan, terwyl hy sy werk doen. So, die Tenbloka sal nie dooie hartspier weer aan die lewe bring nie, maar sal tog help verhoed dat meer skade gedoen word.

Langtermyn, sal jy by ‘n kardioloog moet uitkom. Jou vernoude are mag krities vernou word. Jy is duidelik ‘n hoogs verantwoordelike en ingeligte persoon, en ek is seker jy sal liewers wil weet wat aangaan, en dit regmaak.

Gesels met jou dokter, ek is seker hy sal jou raad kan gee oor die behandeling van jou hipertensie. Moet nie die Lipitor staak nie, en gaan aan met jou gesonde leefstyl : dit is die beste belegging in jou eie toekoms wat jy kan maak.

Sterkte, ek hoop jou borsongemak verbeter gou.

HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9360 votes
No
67% - 19293 votes
Vote