Ask an expert
Question

15 Apr 2004

Sit te vinnig te veel gewig aan.
Conrad, ek staan in dieselfde beroep as jou ouers, my probleem is dat ek is besig om hopeloos te vinnig te veel gewig aan te sit. Wat kan ek doen om my gewig af te kry en my ou lyf terug te kry. My tyd is baie beperk, en hier is nie geriewe om te oefen waar ek woon nie. Sal jou terugvoer waardeer.

Groete aan jou Pa

JJ
Answer 783 views
Expert
Bodybuilding
body building

01 Jan 0001

JJ Botha,

Dankie vir die boodskap-ek weet nie of jy weet nie maar ek is OOK in dieselfde beroep as my ouers!!

Jy sal jou eetplan moet aanpas en ook begin oefen-het jy draf skoene? Want al kan jy nie by die gym uitkom nie kan jy wel draf. Laat my weet of hierdie jou sal pas.

Wat jou eetplan betref sou ek aanbeveel dat jy 'n dieëtkundige gaan sien. As daar nie een is daarwaar jy bly nie is ek seker ons kan iets reël om jou verder te help daarmee.

Praat sommer gou weer,

Conrad Booysen-Biokineticist
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.