Ask an expert
Question

07 Oct 2011

Anti dep
More doc

Wil graag weet hoekom antideppressante soveel newe effekte het op die pamflette. Dit het soveel newe effekte dat mens voel hoe kan so iets mens eintlik laat beter voel. Daar word tot gese dat dit selfmoord neigings kan aanwakker. Ek verstaan dit glad nie.

Ek sien in n tydskrif hulle adverteer n natuurlike produk met die naam Sedative. Wat is doc se mening rakende n homopatiese produk soos Sedative.

Ek was al voorheen op Venlor en het gevoel dit onderdruk nie net hartseer en depressie nie, maar ook n gevoel van Happiness. Ek het heeltemal afgestomp begin voel.
Answer 616 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Alle newe-effekte van 'n anti-depressant word opgeteken, al is dit een uit tien duisend. Hierdie produkte word baie goed nagevors en op duisende pasiente getoets. Daarom is die lys van newe-effekte so lank.

Homeopatiese produkte word nie goed nagevors nie en die newe-effekte is nie volledig aangeteken nie en dus kan newe-effekte voorkom wat nie aangeteken is nie. Homeopatiese produkte word nie goed deur die medisyne raad beheer nie en sommige van hierdie produkte bevat soms nie al die bestandele wat aangedui word nie.

Anti-depressante verbeter wel duisende mense se lewens.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.