Ask an expert
Question

25 Jul 2011

Antwoord nodig
Ek hoop ek kan maar in Afrikaans tik, ek wil net doodseker maak dat ek wel my antwoord ook in Afrikaans kan verwag! sodat ek 100% verstaan wat die situasie is!

My storie is as volg: ek weet nie of ek dalk swanger is nie en ek moet uitvind! My siklus is ek dink op ''n 27 dag skedule as ek dit so kan noem... en ek weet nie wanneer ek ovileer nie... ek is maar dom met hierdie dinge! wel ek het die 17 Mei 2011 begin met menstruasie ek menstrueer gewoonlik nie langer as drie dae nie... en het weer op 13 Junie 2011 weer begin menstrueer wat normaal is 27/28 dae uitmekaar.

Die ding is ek en my kerel het die 2 Julie 2011 saam geslaap... as ek dit in mooi terme kan plaas! ek is nie op die pil nie, en het nie enige voorbehoed middels gebruik nie... volgens my somme moes ek die 10de Julie begin menstrueer het... dit is nou al die 12de en ek is nie gewoonlik laat nie.

Ek het gister op 11 Julie 2011 2 x huis swangerskap toetse gedoen en alby is negatief! asook ''n ovilasie toets wat ook negatief uitgekom het... kan dit wees dat ek dalk swanger is! en indien wel?
Answer 743 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Dit is vandag die 25ste Julie 2011 en indien jy nog steeds nie menstrueer het nie, moet jy jou dokter vir 'n bloedtoets konsulteer, wat baie meer akkuraat is as tuis swangerskap toetse.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.