Ask an expert
Question

11 Apr 2003

Borspyn - Tead sindroom
Ek het jare gelede baie las van pyne in my bors gehad en die dokter het dit destyds as Tead's sindrome gediagnoseer. Die afgelope paar maande het ek weer baie las daarvan en wil graag weet wat Tead's sindroom behels en wat die behandeling is. Ek is bang as ek die pyne kry dit is dalk 'n hartaanval?
Die spiere in my nek trek ook soms sulke knoppe. Is dit ook as gevolg van die Tead sindroom of iets heeltemal anders?
Answer 639 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Dion, ek weet nie wat Tead sindroom is nie. Dit klink asof jy dalk Tietze's sindroom het (vernoem na Alexander Tietze). Dit is inflammasie van die rib-borsbeen aansluiting. Die maklikste sal wees om 'n anti-inflammatorikum soos Arthrotec®, Celebrex® of Vioxx® te gebruik en te kyk of dit nie wil help nie. As dit nie werk nie is dit nie inflammasie nie en sal mens dus êrens anders moet gaan soek vir die oorsaak. Sterkte.
NS. Ek het ‘n artikel geskryf oor die nie hart oorsake van borskaspyn en as jy belangstel in ‘n kopie kan jy my epos by CyberDoc@mweb.co.za.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9471 votes
No
68% - 20281 votes
Vote