Ask an expert
Question

18 Oct 2006

Donker kringe onder oe
Ek het donker kringe onder my oe .
Dit is al so van kleins af , maar ak het nou eer besluit om iets daaraan te probeer doen-- ( Ek hoop maar dis nie te laat nie ).
Ek was by my dokter hier op ons ou klein platteland se dorpie maar dit lyk nie of hy regtig wil werk maak daarvan nie , hy het my sinus pille gegee want volgens hom is dit asgevolg van sinus ---maar soos ek gemeld het is dit iets wat ek het vandat ek n kind was ???
Ek kan ook se dat ek al probeer het om meer te slaap maar dit werk nie , ek kan ook nie langer as se 10 ure slaap nie .
Ek het ook al Vit B gedrink vir weke aan een -Geen verbetiring

Ek is manlik en 29 jaar oud

Help A.S.B
Answer 4,721 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Spook
Jou GP is eintlik reg - die donker kringe onder jou oë word gewoonlik veroorsaak deur uitgesette bloedvaatjies onder die vel omdat jy stuwing van jou sinusse het, wat baie keer deur allergie veroorsaak word. Mens kry wel rome by skoonheidsalonne wat die kringe minder sigbaar maak en die sirkulasie verbeter en JA mans mag dit maar gebruik. Probeer ook 'n maand lank Beconase aquous neussproei twee maal per dag. As niks anders help nie, moet mens somtyds by 'n dermatoloog uitkom vir laser terapie.
Sien www.mayoclinic.com/health/dark-circles-under-eyes/AN00423 - 22k -
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9474 votes
No
68% - 20305 votes
Vote