Ask an expert
Question

02 Oct 2008

Duik in skedel kop besering my seun.
Goeie dag CyberDoc

Kan u my dalk se. My seun was omtrent 11jaar oud toe hy geval het en sy kop ' n lelike duik in geval het. Hy is nou 16jaar oud en het ' n tyd terug erg kopseer gehad vir ' n week of twee. Omdat hy by sy pa bly en nie by my nie, het ek gedink dit is dalk hooikoors en sinus afkomstig. Maar nou dink ek daar aan. Kan hy gevolge oor gehou het as gevolg van daardie val want ek kan amper my duim halfpad in daardie duik in sy agterkant van sy kop in pas.

Omdat hy nou teen ' n spoed uigroei kan dit dalk drukking op die brein veroorsaak en moet ek my daaroor bekommer en hom dokter toe vat of is dit nie nodig nie. Hy het nie nou kopsere nie maar ek dink net daar aan en is bekommerd. Dankie groete Ilze
Answer 2,958 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Ilze
Dis onwaarskynlik dat die besering nou sal simptome veroorsaak - die skedel bestaan uit twee lagies en baie keer is dit net die buitenste lagie wat ingeduik is. Tekens van "gevaarlike" hoofpyne is hoofpyn wat gepaard gaan met goed soos visie verlies of verlammings, erge naarheid en nekstyfheid, hoofpyn wat hom snags wakker maak of ergste in die oggend is, hoofpyne wat nie reageer op enige medikasie nie, hoofpyn wat begin as hy buk, nies of hoes. Drukking op die brein gee duidelike simptome van deurmekaarheid, funksie verlies of bewusteloosheid.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19965 votes
Vote