Ask an expert
Question

30 Aug 2007

Ekseem - reageer nie op medikasie nie
Beste Dokter
Ek het so twee maande terug erg begin jeuk - letterlik van kop tot tone. Die vel wat jeuk is vol klein rooi knoppies. Van die jeukende areas het later in ronde, korserige sere verander. 'n Dokter het dit as ekseem (toe te skryf aan 'n allergie) gediagnoseer en het my antihistamien en kortisoon-room gegee om vir 'n week te gebruik. Aanvanklik het die antihistamien gehelp, maar dis nou 2 weke later, ek drink dit steeds maar die toestand is erger as ooit. My vel is al teer, rooi en opgehewe van al die gekrap. Ek het dit meestal oor my rug, maag, bors, arms en bobene, terwyl ek op 'n artikel hier op Health24 gelees het dit kom by volwassenes meestal op hande en voete voor. Is dit dalk iets heeltemal anders? Ek is huiwerig om te gaan vir allergietoetse omdat ek weet dit kan 'n duur, uitgerekte storie raak. Indien ek voedselsoorte elimineer, waarmee behoort ek te begin? (Ek het laat toets vir melk-allergie maar dit was negatief.) Is dit moontlik dat ek vir koffie of kaffeïen allergies kan wees? Al wat die afgelope twee maande in my dieet verander het, is dat ek baie meer koffie as gewoonlik drink. Baie dankie!
Answer 3,365 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Sue
Gaan sien ASB 'n dermatoloog - jy moet waarskynlik orale pille kry hiervoor. Koffie sal dit nie sommer veroorsaak nie.

Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.