Ask an expert
Question

12 Dec 2009

galblaas-probleme
Beste dokter,

My galblaas is so 6 jaar gelede verwyder. Ek kry die vreeslikste sooibrand (veral snags as ek le) en dit brand sommer so in my keel op. EK moet uiters versigtig wees wat ek eet in die aand, anders skrik ek wakker met hierdie erge sooibrand wat oorkook. My sussie het dieselfde operasie gehad, en haar dokter het vir haar gese sy moet minstens een keer elke 6 weke n goeie purgeermiddel drink, aangesien die gal glo ophoop, en dit dan naarheid en hoofpyne veroorsaak. Is dit werklik nodig om purgeermiddels te drink, en kan gal ' ' ophoop' ' .
Baie dankie vir die raad.
Answer 3,729 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Dit is 'n uiterse goeie idee om 'n purgeermiddel te neem en seker te maak dat jou stoelgang gereeld en sag is. Ongelukkig dink ek jou sooibrand is as gevolg van oortollige suur wat deur die maag geproduseer word en in die oesophagus (slukderm) opstoot. Ek stel dus voor dat jy 'n algemene chirurg vir 'n barium maal en 'n gastroskopie konsulteer om vas te stel of daar wel refluks van maaginhoud is.

Intussen kan jy Gaviscon Advanced neem vir die verligting van jou simptome, maar let wel dat dit nog steeds belangrik is om die chirurg te konsulteer.

Groete




Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.