Ask an expert
Question

02 Feb 2010

galblaaspyn sonder galblaas
Beste dokter,
My galblaas is nou ongeveer 6 jaar terug verwyder. Ek kry sedert dien pyne in die middel van my borskas, reg waar die twee ribbekaste aanmekaar kom. (Sternum?) Die pyn voel dan presies soos toe my galblaas septies geraak het en ek n massiewe galsteen gehad het. Dit is so seer dit pyn van voor tot reg na agter die rug. EK besef nou al teen die tyd dat dit ten minste nie my hart is nie, want dit gebeur nogal baie (so eenkeer per maand) en dit bedaar na so 10 of 15 minute. Partykeer kom en gaan dit vir n rukkie, voor dit verdwyn. EK is 21 jaar terug gediagnoseer met mantelvliesbreuk wat nog nooit herstel is nie, asook dink ek ek mag n maagseer he (soms donkerswarterige stoelgang). Dink dok die pyne hou verband met so iets, of nie.
Groete.
Answer 1,096 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo mozie
Dit kan simptome van 'n maagseer wees. Sien asb jou dokter, veral as jy donker stoelgang het, want dan bloei dit waarskynlik. Mens moet behandel voor dit perforeer.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.