Ask an expert
Question

01 Sep 2007

Geswelde vingers en voete
Elke oggend is my vingers en voete geswel wanneer ek wakker word. Ek sukkel dan vir die eerste paar tree om te loop, dit is asof my voete pyn. Na so 10 tree of wat, is ek weer okay. Ek is 44 en het so 2jaar terug my baarmoeder (nie die eierstokke nie) laat verwyder. Ek weeg 67kg, dus miskien so 7-5kg oorgewig. Ek drink geen hormoonpille, doen min oefening, drink baie water en drink elke dag kalsium/magnesium, vit E en Vit B, asook Female Herbal Tablets van GNLD. Ek eet oor die algemeen gesond. Wat kan die swelling veroorsaak.
Answer 8,252 views
Expert
CyberDoc
Cyberdoc

01 Jan 0001

Mira

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Dit kan wees dat jy 'n Artritis van een of ander aard ontwikkel, bv. Reumatoide Artritis. Ek stel voor dat jy jou huisdokter besoek vir x-strale van jou hand en voet gewrigte, asook 'n Artritis studie.

Groete


Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.