Ask an expert
Question

22 Aug 2007

Iets in slukderm
Hallo dokter
Ek is 'n 33j vrou. Die laaste twee weke voel dit of daar iets vassteek in my slukderm, ongeveer in die middel van die borskas. Dit voel presies soos wanneer mens 'n pil ingesluk het en dit vassteek in jou slukderm. Die gevoel duur vir so 1 tot 2 dae - tans is dit weer terug en is bitter irreterend. As ek hoes voel dit of my borsbeen seer is. Ek het ook die laaste paar maande borspyn ondervind - soms baie erg, soms slegs effens. Ek het in die verlede 'n gastroskopie ondergaan en die kardiale sfinkter is effens inkompetent waarvoor ek daagliks Altosec gebruik. My chol is 5.4 met geen FG van Miokardiale Inf nie. Ek wil nie weer dr toe gaan nie want ek is seker my huisdr dink al ek soek aandag. Wat kan dit wees?
Dankie vir dr se hulp.
Martie
Answer 5,952 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Martie,
As jy onlangs 'n ekg en stress ekg gehad het en dit was normaal, kan die dalk 'n slukderm spasma wees.
Sien http://www.mayoclinic.com/health/esophageal-spasms/DS00763
Dit kan natuurlik ook wees dat die hiatus hernia steeds suur in jou slukderm laat opgaan wat chronies inflammasie en vernouing kan veroorsaak. Dit sal die beste wees om net weer jou gastroenteroloog te sien vir 'n opvolg ondersoek.
dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.