Ask an expert
Search expert health advice:
Browse by expert
- Allergy expert
- Anti-ageing expert
- Arthritis expert
- Breast cancer expert
- Cancer expert
- CyberDoc
- Oral health expert
- Diabetes expert
- EnviroHealth expert
- Family law expert
Knieë
Hi dokter
My probleem kom sowat 2 maande aan. My linkerkantste knie is binne in seer. Maar dit pyn nie aanhoudend nie. Ek is meestal bewus daarvan soggens wanneer ek opstaan. En nou begin my regterkantste ene ook ietwat.
Ek gym 4 aande ''n week, by Curves, wat bietjie cardio en muscle toning oefeninge is. Na oefen, moet ons strek. Wanneer ek my linker been strek, voel dit nie asof die pyn ''n spier kan wees nie. Ek drink saans 1 x Norflex en smeer die knie in met Panamor gel. (ek doen dit nou alreeds vir die hele maand) My knie raak nie beter nie, en ook nie erger nie, maar die feit dat dit al so lank aangaan kommer my.
Wie moet ek gaan sien? Ek het nou al my GP oorweeg, asook Fisio, maar soos ek sê ek dink nie dis ''n spier nie.
Ek moet net ook sê , ek sit kruisbeen en kruip op my kniee rond, sonder pyn. Maar sodra ek my bene reguit maak na ''n lang tydjie se kruis been sit, is dit veral seer.

Helena
Dit is moontlik dat daar inflammasie in jou knie gewrigte teenwoordig is. Die oorsaak van inflammasie kan as gevolg van 'n ou besering of as gevolg van 'n inflammatoriese proses wees, soos byvoorbeeld artritis. Dit is dus baie belangrik om 'n ortopeet vir 'n ondersoek, bloedtoetse en x-strale te konsulteer.
Groete
Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.