Ask an expert
Question

16 Oct 2006

kompartement sindroom
hi doc, u het vantevore vir my gehelp en ek het eindelik die oorsaak gekry van my erg been pyne. wat ek kan agterkom uit die internet is dat dit atlete ens. is wat die kondisie kry. ek is nie n atleet nie en doen omtrent geen oefening nie. die pyne kom voor as ek net gewoonweg stap. die ortopediese chirug het besluit na n ondersoek en xstrale van my bene om n operasie te doen om die drukking te verlig. is dit normaal dat iemand die kondisie het slegs wanneer hy stap?. sal ek na die operasie geen pyne meer ervaar nie en is die operasie permant van aard in terme van been pyne?.

dankie
Answer 2,098 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Elmarie,
Dit behoort permanent te help - die beenspiere is in 'n "sakkie" en dit is dalk te knap vir jou beenspiere, so as jy loop en die bloed kom ook meer in, dan druk dit die spiere dood. Hy gaan seker hierdie "sakkie" klief om die spiere meer spasie te gee. Sterkte met die operasie!
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.