Ask an expert
Question

27 Sep 2011

Linkervoet
Hi dr

My linkervoet het twee dae terug ''gevoel verloor'', nie heeltemal nie, net aan die bokant. My vel voel dood, soos wanneer jy jou arm doodgele het. Net, daar is geen naalde en spelde gevoel nie, die vel voel net dood. Dit is ''n aardige gevoel wanneer ek daaraan voel. Ek het gevoel toe dit gebeur het en dit is nou al amper drie dae terug. Is dit normaal? Ek het ook al voorheen met my arms gesukkel wat doodgegaan het, veral in die aand wanneer ek geslaap het, maar wat vreemd was daaraan is dat ek nie noodwendig op die arm gele het wat doodgegaan het nie, hy''t sommer net doodgegaan, maar so erg dat ek gesukkel het om my arm weer te beweeg. Ek is 31 jaar oud. Kan daar fout wees met my brein?
Answer 1,578 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

SP

Dit is nie normaal nie en ek stel voor dat jy 'n neuroloog vir 'n ondersoek konsulteer. Die gevoel wat jy in jou arms ondervind, kan as gevolg van senuwee beklemming wees, soos die senuwee die vertebrale kolom verlaat. In die geval van jou voet, kan daar senuwee beklemming in jou laerug wees. Die simptome moet ondersoek word. Dit is nie lewensgevaarlik nie, maar 'n oorsaak moet gevind word.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9432 votes
No
68% - 19948 votes
Vote