Ask an expert
Question

17 Nov 2008

Man word baie maer
Ek hoop dokter het vir my raad of kan my verwys na iemand wat my kan help. My man is besig om verskriklik maer te word. Hy eet goed so daar is nie ' n eetprobleem nie. Hy is ' n roker. Hy het ' n paar jaar terug vir ' n jaar opgehou rook en het toe 20kg opgetel in 6 maande se tyd. Toe hy weer begin rook het hy weer baie verloor. Ons het die laaste paar maande baie stres gehad so ek neem aan dit is wat die gewigsverlies veroorsaak al wys hy nie tekens van stres nie. Ek laat om naweke soveel as moontlik ontspan deur alles vir hom te doen.
Ek wil dit nie vir hom sê  nie, maar dit begin my regtig baie afsit van hom af. Sy lyf lyk nie goed nie en dit is besig om ons privaat tyd saam te beinvloed. Ek het ' n gemiddelde bou, en my mans se arms en bene is al dunner as myne. Hy is nou 27 jaar oud. Is daar iets wat hy kan gebruik om hom te help om gewig op te tel? Ons wil die nuwe jaar gesonder begin leef, maar ek is bang as ek extra vette uit sy diet uit sny dat hy nog meer gaan verloor.
Answer 1,364 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo JS
Ek dink jy moet hom heel eerste na jou dokter neem vir 'n algemene ondersoek - hy moet ten minste na sy skildklier kyk (bloed trek) en dalk ook 'n long x/straal neem. Eet hy genoeg?
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9444 votes
No
68% - 20057 votes
Vote