Ask an expert
Question

01 Apr 2003

MOEGHEID
Dokter, ek het 'n probleem, ek is 25 jaar oud, 1.74m lank en weeg nou 92kg, ek het al intussen 11.4kg verloor by Weigh-Less oor 11 weke, ek eet baie gesond en ek eet al my kos wat Weigh-Less voorskryf. Ek is oop op Nordette voorbehoed. Ek stap elke aand 30 min (fat-burning) Ek rook, maar drink nie eintlik nie - net so af en toe 'n glasie rooiwyn of so. Ek het nou al 2 weke 'n baie moeg en pap gevoel, meestal in die aande, ek voel verskriklik dronk in my kop en voel of ek wil flou val, my bloeddruk het ek laat neem en dit was 170-20, 'n paar dae daarna toe laat ek dit weer neem en dit was toe 97-59 (ek is maar 'n lae bloeddruk lyer). Ek voel regtig nie baie lekker nie, ek het Vita-thion gekry om te drink maar ek nie eintlik se dat ek baie beter voel as ek dit gedrink het nie - help my asseblief wat kan dit wees.
Answer 1,001 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

ADI, dis moeilik om te sê sonder om jou te ondersoek. Dit mag net die feit wees dat jy op ‘n dieet is en dus minder energie inneem as gewoonlik. Dit mag ook wees dat daar iets anders verkeerd is soos ‘n skildklier probleem of dat jy een of ander siekte onder lede het. Soos jy kan sien, kan ek tot more toe aanhou raai en nog steeds nie nader aan ‘n diagnose kom nie. Die beste sal wees om maar jou dokter te gaan sien en hom te vra om ‘n volledige ondersoek te doen. Sterkte en byt vas met die dieet.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.