Ask an expert
Question

23 Aug 2007

MVP en Endocarditis
Doc, ek maak Vrydag klaar met die Antibiotika behandeling en sien die Kardioloog die 7de September.

Ek sukkel die laaste 3 weke nogal erg met koue voete, bene en hande (selfs al is die res van my lyf warem) en uitasem as ek kort entjies geloop het/trappe geklim het. Ek is ook permanent moeg/energie loos. En kry nog in die aande (somtyds) koue rillings, maar nie meer koors.

Kan dit beteken dat die Klep wel skade gekry het met die SBE? Watter tipe vrae moet ek my Kardioloog als vra en waarop moet ek attend wees? Ek is 32 en wil regtig nie nou al 'n hartklep-vervanging hê nie, maar ek het al baie nagelees oor MVP en weet dat dit gedoen moet word voor permanente hartskade.

Ek behoort dan ook die verslag op die T.E.E. te kry. Al wat ek kan onthou is dat die Narkotiseur iets genoem het van ek het 'n VERDUKKING van die Mitraalklep en dat ek op 'n stadium wel Rhumatiek koors moes gehad het - ongediagnoseerd.

My Kardioloog praat nie sommer uit sy eie nie en is baie vinnig met sy ondersoeke en daarna sal ek hom seker eers weer oor 6/12 maande gaan sien.
Answer 796 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Cornel
Vra hom:
Of daar enige tekens van hartversaking is
Wat jou kardiale uitwerp is (maw hoeveel bloed in % kan die hartkamertjie uitstoot invergelyking met normaal)
As hy se jou hartfunksie is aangetas, vra hom pertinent wat die planne vorentoe is en wat hy voorstel.
Laat weet my!
Naweke het ek nou Dr Burger wat help met die forum - so skryf vir my Maandag- Donderdag?

Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19327 votes
Vote