Ask an expert
Question

18 Aug 2011

Onder Aktiewe Skildklier
More Dok,
Agtergrond:
Ek het verlede jaar simptome gehad ver erge moegheid, dat dit so erg was dat ek voor my rekenaar by die werk aan die slaap wou raak - en dit na ek tussen 6½  - 8 ure slaap inkry. Ek het toe na ''n Homopaat gegaan en sy het my getoets en bevind dat my 1) My liggaam besig is om my skildklier '' aan te val''  en 2) agv van eersgenoemde is my hormone ook heeltemal deurmekaar, d.w.s. ''n onder-aktiewe skildklier. Sy het toe gesê  dit lyk darem nie te erg nie en dat sy vir my druppels sal gegee wat die ''huidige klein probleem'' sal oplos. Maar as dit aanhou na die behandeling sal ek moet gaan vir bloedtoetse om my hormoonvlak te bepaal en my dan op ander en heel moonltik permanent medikasie moet sit. Ek het toe die druppels vir drie maande gebruik soos sy voorgestel het en na die eerste week van die behandeling het ek sommer tonne better gevoel.

Nou:
Dit is nou al ±  6 maande na ek opgehou het met die medikasie wat sy vir my gegee het en ek het die afgelope tyd weer die tamheid / erge moegheid begin ervaar en my keel voel so dik en asof daar permanent iets in is en dat ek heeltyd moet sluk. Dit is nie die gevoel van ''n seerkeel nie.

Vraag:
1) Is ''n onder aktiewe skildklier ''n permanente kondisie of kan dit gebeur dat dit kom en gaan?

2) Watter kos soorte moet ek vermy en watter kos moet ek sorg dat ek inkry?

3) Waar kan ek meer inligting kry of oplees oor ''n onder aktiewe skildklier.

Raad asb. Dokter.

Dankie &  Groete,
Antoinette


Raad asb.
Answer 56,211 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Antoinette

Verwys na die volgende artikel oor 'n onderaktiewe skildklier wat die simptome, diagnose en behandeling breedvoerig bespreek: http://en.wikipedia.org/wiki/Hypothyroidism

Ek stel egter voor dat jy jou dokter vir bloedtoetse konsulteer, sodat 'n definitiewe diagnose gemaak kan word, aangesien vele oorsake vir kroniese moegheid is.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.