Ask an expert
Question

08 Feb 2010

pankreatietis
Hi Dokter, my vriendin was nou in die hospitaal met pankreatitis en is nog baie seer en swak. Daar is geweldig baie toetse op haar gedoen want haar lewer milt en pankreas was onsettend geswel. Die dokter kon nie die oorsaak daarvan was stel nie. As sy dalk hiv sou wees sou die dokter dit kon was stel ? Sy bly pyn aan haar regter lae rug asook aan haar sy hou sy sukkel ook met haar maag wat nie normal wil werk nie. Gee asb raad!
Answer 2,533 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Dot
Hulle sou dit waarskynlik opgetel het met bloedtoetse as sy HIV positief was. Pancreatitis word veroorsaak deur virusse, bakteriee, chemiese middels soos alkohol en sekere medisynes, maar ook deur outo immune siektes ( waar die liggaam anti-liggaampies teen homself maak) Die pyn in haar rug is verwysende pyn van die pankreas af. Hulle hou die pasiente gewoonlik van kos af, en gee net vloeistof so daar is waarskynlik niks in haar maag om te werk nie!
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.