Ask an expert
Question

18 Sep 2007

Pelvic pain
Hi dok

Ek het toe maar al die medikasie gelos en my velbrand sensasies is basies weg. Lyk my die antidepressante en antibiotikas veroorsaak hierdie sensasies. Die probleem is dat ek ly aan IBS en kroniese pelviese pyn. Lyk my dis nie so algemeen in mans nie, maar ek vind dat ek nou weer 'n flareup kry van my simptome. Was gister by my GP en my uriene is skoon, so daar is nie infeksie nie. Die trepeline het uitstekend gewerk om my simptoms onder beheer te kry, maar nou weet ek nie of ek dit weer moet probeer nie. My GP sê ek moet weer probeer, maar ek kan nie weer my vel so laat brand nie. Ek het 25mg in die aand geneem. As ek bv met 5mg begin, dink jy dit sal veiliger wees? Of is daar iets anders wat ek dalk kan gebruik? Ek sien my uroloog weer oor 'n maand (PS. Hy het destyds vir my Flomax gegee en ek het nog oor...sit nou en wonder of ek nie dalk dit moet probeer weer nie.)

Groete Eugene
Answer 535 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Eugene
Jy kan dalk met 'n lae dosis begin, en dit geleidelik opstoot. As die Flomax gehelp het, kan jy dit weer gebruik. Kyk bietjie of dit help as jy Vit B saam met die medikasie gebruik?
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.