Ask an expert
Question

02 Mar 2010

Pyn in kuit
Ek het Sondagmore wakker geword nadat ek ''n kramp in my kuit gekry het. Dit het gou beter gevoel nadat ek opgestaan het en teen die koue muur gaan staan het (wat altyd werk). Sondagnag kon ek byna nie slaap nie so het dit gepyn en ek het dit toe gevryf met arnica olie en soos ek vryf voel dit vir my die pyn skiet rond in my kuit. Gisteraand het ek dit weer gesmeer en met ''n warm sak gelê , toe ek gaan slaap het ek dit toegebind met ''n verbind en dit was beter deur die nag, hoewel ek bewus was daarvan. Vandag is dit steeds seer en as ek my voet op ''n seker manier draai of as ek gesit het en opstaan m.a.w. op die been trap skiet die pyn op in my been. Ek het gisteraand ''n disprin gedrink want iemand het gesê  dit kan dalk ''n bloedklont wees. Ek is 45 en het ''n volle histerektomie gehad en is dus in ''n vroeë  menopouse, daarom kry ek van tyd tot tyd die krampe maar nog nooit so erg soos die nie. Ek drink daagliks dolomite en Calmag. Wat dink u, moet ek GP toe gaan of sal dit beter word met tyd? Kan dit spatare wees want ek het al gesien ek het fyn spatare op my bene?
Answer 15,589 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Griet
Laat jou dokter liewer 'n bloedklont uitskakel, want dit kan na jou longe toe skiet en 'n long embolis veroorsaak. Fyn spatare behoort nie probleme te veroorsaak nie. As jou dokter nie tekens van 'n bloedklont kry nie, sal 'n anti-inflammatoriese middel en 'n spierverslapper waarskynlik help.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9465 votes
No
68% - 20205 votes
Vote