Ask an expert
Question

20 May 2004

pyn in regtersy
Hallo CyberDoc,

ek sukkel al vir jare met 'n pyn in my regtersy wat kom en gaan -- dis so tussen my ribbes en heupbeen, en is soms so erg dat dit na my rug en tot onder my ribbes projekteer. Partykeer is dit 'n skerp pyn wat skielik kom, ander kere weer 'n knaende dowwe pyn. Dit voel ook vir my dit intensifeer as ek sekere bewegings doen, of wanneer ek klaar gegim het (dit pla my vreemd genoeg glad nie terwyl ek gim nie, ek voel trouens selde die pyn terwyl ek oefen).
My ginekoloolg het omtrent 'n jaar gelede ontdek ek het redelik gevorderde endometriose, en 'n sist aan my regter-eierstok, asook kieste in die omgewing van my linker-eierstok verwyder.
Ek het toe gedink die pyn was dalk te wyte aan die endometriose, maar dis steeds daar. Ek kry nou behandeling vir die endometriose en dit lyk of dit onder beheer is. Ek het ook onlangs weer 'n sonar gehad, en die dokter kon nie enige sists of ander vergroeisels sien nie.
Maar ek bekommer my oor die knaende pyn in my regtersy -- is dit dalk 'n spastiese kolon? Of kan dit 'n ander orgaan wees wat probleme gee? Tog word dit nooit akkuut nie, ek is nie siek of koorsig nie en dit kom en gaan, soms is dit vir weke weg en dan weer in alle felheid terug.
Watter soort dokter kan ek gaan sien om vas te stel wat dit is, het CyberDoc enige vermoedens oor wat die oorsaak van die irriterende knaende pyn kan wees?
Louise
Answer 13,799 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Louise, dis moeilik om te sê wat die oorsaak is sonder om jou te ondersoek, maar dit mag wees as gevolg van vergroeiigs as gevolg van doe endometriose. Dit mag egter ook wees as gevolg van ander probleme soos ‘n prikkelbare derm, ovariële kiestes, galblaas probleme, nierstene, ens. Die beste sal waarskynik wees om ‘n gastroënteroloog te sien – as hy nie kan sê wat die probleem is nie sal hy jou kan verwys na iemand wat sal kan. Sterkte.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9474 votes
No
68% - 20305 votes
Vote