Ask an expert
Question

24 Aug 2011

Raadop
Hi Dok

Ek is raadop oor my man. Hy is 32 jaar oud. Ons was al by dr''s gewees en selfs by ''n Spesialis, maar niemand weet wat fout is nie? Vir die afgelope 7 jaar gebeur dit gemiddeld 2 x per jaar. Hy word in die middel van die nag wakker en kry dan vreeslik koud (al is dit nie koud nie) en hy kla ongelooflik oor lyfseer (veral by sy lae rug). Hy se die pyn is vreeslik en hy bibber van die koue. Dit hou gewoonlik vir so 2-3 dae aan en dan gaan dit weer weg. Hy toon geen tekens van verkoue/griep nie.

Enige raad?

Baie dankie!
Nadia
Answer 657 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Nadia

Ongelukkig kan ek nie 'n ingeligte opinie lewer nie, aangesien ek nie bekend is met jou man se mediese geskiedenis nie. Ek stel egter voor dat hy 'n internis vir 'n tweede opinie konsulteer. Hy moet getoets word vir onder andere tuberkulose of selfs 'n parasietere infeksie.

Groete





Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.