Ask an expert
Question

27 Jan 2010

Re: antwoord vir Dr Bets
op antwoord of ek n longfunksie toets gehad het:
ek het n toets gehad waar ek in n pypie moet blaas en longe op n grafiek geteken het, terwyl ek blaas, nie seker of dit n longfunksie toets was nie. daar is al x trale van longe geneem en niks was fout nie. Ek het verlede jaar Brongitis gehad en het daarvan daan baie las met my bors, benoudheid, pyn en kortasemheid. sal die pompies wat ek gebruik asthaven, en steredite daarvoor help, of is daar iets anders wat ek kan gebruik? dit is baie frustrerend. is dit normaal om te sukkel met bors na erge brongitis?
Baie dankie dokter.
Answer 1,415 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Deone
Ja dit is 'n long funksie toets wat jy gehad het. Jy het dalk tog 'n post infeksie asmatiese bors. Dit sal dalk goed wees as jy gaan vir 'n opvolg longfunksie toets as jy dit gehad het voor die bronchitis. Gewoonlik blaas jy, en dan gee hulle vir jou die pompie om te gebruik, en dan kyk hulle of die medikasie die funksie verbeter - as dit verbeter het jy waarskynlik asma. Maar jy moet die Seretide vir 'n paar dae voor die toets nie gebruik nie, anders sal dit die toets resultate beinvloed.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.