Ask an expert
Question

21 Oct 2008

Scoliosis en&#39 radiculopathy
Ek is pas deur ' n radiologie prosedure na intense rugpyn. Die dokters het nie regtig vir my verduidelik wt die diagnose is nie. Op die verslag was dit genoem dat ek defnitief scoliosis het met besliste tekens van radiculopathy. Kan U my dalk meer inlig wat dit beteken vir die vrou op straat? Watter behandelingsmoontlikhede is daar, afgesien van pynmedikasie.
Baie dankie!
Answer 2,740 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Vi
Skoliose is 'n verkromming van die ruggraat en radikulopatie beteken dat die senuwee wortels vasgeknyp word, waarskynlik deur die vernoude discus spasies omdat die ruggraat bene nou aan die een kant nader aan mekaar is as wat dit moet wees. Die behandeling kan insluit fisioterapie, operasie om die rug reguit te maak met staalstawe om dit te ondersteun of so te hou en pyn behandeling. Jy sal waarskynlik 'n ortopeed moet sien as jy deur jou GP gestuur is vir die ondersoek. Sterkte, ek hoop dit word gou opgeklaar!
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9425 votes
No
68% - 19886 votes
Vote