Ask an expert
Question

19 Sep 2011

Sinus
Goeie dag Dr.

Ek sukkel verskriklik met sinus. Het ''n sinus operasie in 2008 gehad, wat nie veel vir my beteken het nie. Meeste van die tyd begin dit in die middae. Ek kom ook agter dat dit baie erg is wanneer ek sit of le maar beter raak as ek regop staan. Wanneer ek my neus blaas kom daar nie veel uit nie en voel net asof alles geswel is. Ek gebruik nou al ''n paar maande Iliadin sproei, want dit voel vir my dit is die enigste manier hoe ek my neus kan oopkry in die nag. Is daar ''n natuurlike iets wat ek kan gebruik aangesien ek weet dat dit baie ongesond is? Dankie en groete,

Susan
Answer 600 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Susan

Ongelukkig is ek nie bewus van enige natuurlike produkte wat 'n verskil sal maak nie en ek stel daarom voor dat jy weer die oor-, neus- en keelspesialis konsulteer wat jou operasie uitgevoer het. Jy kan 'n allergie spesialis konsulteer om vas te stel waarvoor jy allergies is, sodat jy hierdie faktore kan vermy.

Groete





Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9428 votes
No
68% - 19907 votes
Vote