Ask an expert
Question

21 Oct 2008

Skildklier....die oorsaak van al&#39 s????
Hallo Dr,

Ek is 42 jaar oud en is al die afgelope 9 jaar op skildklier medikasie, ek gebruik tans 200 mikrogram eltroxin daagliks. Ek is oorgewig en is ook vroeë r in die jaar gediagnoseer met Tipe 2 diabetes, hipertensie en ly aan hirsodisme. Ek is al vir die afgelope 6 maande op medikasie vir al die bogenoemde en ek voel nie beter nie. Ek bly moeg, is geiiriteerd, geswelde vingers, bene en voete. Dooie gevoel in my hande en vingers tel nog steeds gewig op, kortasem, my naels is bros, my hare is dof my vel is droog so kan ek dit opnoem, ek weet nie meer nie, my fonds is uitgeput van die toetse en medikasie wat ook net gedeeltelik op Chronies voorsien word en ek is al raadop. Ek wil weet is die groot oorsaak van al hierdie ander goed wat bygekom het nie ook my skildklier nie, word dit nie verkeerd gediagnosseer nie. Daar word net vir TSH en vry T4 getoets, wat van T3. Ek wil ook nie meer na ons plaaslike dokters toe gaan nie, want ek dink hulle kyk iets mis.HELP ASB!!!!!
Answer 1,606 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Marthie
Ek dink met die kombinasies van probleme moet jy dalk eerder 'n endokrinoloog sien - ek raai sommer jy is in KZN - kyk op www.medpages.co.za - R onder is 'n blou blokkie wat se "free search"
search People
Category medical
specialty endocrinologist
Region kwazulu natal
Kyk wie is die naaste aan jou
Laat weet my of jy reggekom het?
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9436 votes
No
68% - 20003 votes
Vote