Ask an expert
Question

19 Jul 2011

Skoonmoeder ernstig siek-dringend
Hello Dr Anrich
Jinne dit gaan rof in ons familie! My skoonmoeder, nou 68 was to verlede Sondag gehospitaliseer in Life Care Botswana, opgeneem met longontsteking, drein Sondag verwyder en kateter ens, die mri scan toon dat een long vergroot is-intraveneuse antibiotika, suurstof ens gehad. Wat my egter ple, sy so gedaan sy kan gladnie met my oor die foon praat nie, konstant naar(sy is baie fyn en skraal, weeg ongeveer 50kg) en eet so te se byna niks, sy klink vir my meer siek as toe sy tien dae gelede toegelaat is, moet byvoeg dat sy te lank geneem het om spesialis sorg te gaan kry, sukkel al paar maande met haar bors en ek voel sy moet Rustenburg toe en tweede opinie so vinnig as moontlik kry, dink u ek oorreageer, wil nou nie haar kinders omkrap nie maar ek is diep bekommerd. Wat dink u?
Answer 872 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Charlotte

Ek dink werklik nie jy oorreageer nie. Ek voel dat 'n mens maar altyd na die familie moet luister en ek stel daarom voor dat jy haar na Rustenburg neem vir 'n tweede opinie by 'n internis. Dit is baie moontlik dat sy swak is, as gevolg van ondervoeding, dehidrasie of verdere komplikasies na die behandeling van die longinfeksie. Dit sal ook baie belangrik wees om haar elektroliete te toets, sowel as nierfunksie. Wees maar eerder versigtig en doen wat jy nou kan doen om jou hart gerus te stel.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.