Ask an expert
Question

18 Nov 2008

Slegte asem
Ek' s ' n 19 jarige man. Ek is al raadop. Ek sukkel met slegte asem die afgelope paar jare. Ek gebruik mondspoelmiddel, maar dit werk nie. Ek het al die met en sonder alkohol probeer. As ek ' n mint eet, help dit net vir ' n klein rukkie. As u enige raad het, sal ek bly wees.
Answer 1,172 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Verleentheid
Slegte asem kom vanaf die mondholte ( slegte tande, aanpaksel op die tong, chroniese mangel ontsteking), sinusse ( chroniese sinus ontsteking, post nasal drip), die longe (rook, bronchitis) en van die maag ( slegte spysvertering, sooibrand) . Mens moet dus maar by 'n punt begin en oorsake begin uitskakel. Mens moet ook nou jou dieet kyk, en kosse vermy wat gasse maak en sterk reuke het soos knoffel en uie.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.