Ask an expert
Question

14 Nov 2008

Snaakse gevoel
Hallo Dokter. Ek is 41 jaar oud en het baie hoë  colesterol waarvoor ek medikasie gebruik. So 4 jaar gelede het die linkerkant van my gesig net een dag begin " dood"  voel ... soos wanneer die tandarts jou ingespuit het. My linker oog en mondhoek het ook effens gehang en die dokters het bevind dat ek ' n tipe " ligte beroerte"  gehad het. My linker wenkbrou se hare het ook uitgeval op die punte. Van verlede week het ek weer hierdie snaakse gevoel, as ek met my vingers oor my vang vee, kry ek ' n snaakse prikkelrige gevoel ... effens seer ook. Wat kan dit wees? Ek moet noem dat ek ' n baie gespanne persoon is ek huidiglik onder groot druk verkeer agv ' n baie besige werksprogram. Baie dankie vir u kommentaar. Geniet u naweek.
Answer 1,156 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Martha

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy so gou as moontlik 'n afspraak by 'n neuroloog maak, om die moontlikheid van klein veelvuldige beroertes uit te skakel. Dit is nodig om 'n angiogram van jou karotis arteries te doen, sowel as 'n sonar van jou hart, asook 'n brein skandering.

Groete




Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9433 votes
No
68% - 19965 votes
Vote