Ask an expert
Question

13 Aug 2011

Springende ooglid
Vir die laaste 3 weke omtrent spring my linker ooglid. Ek het ''n LP Shunt operasie gehad Maart vanjaar agv.Pseudotumor cerebri
, ongelukkig werk die shunt nie heeltemal soos dit moet nie en die drukking op my brein en agter my oë  is met tye steeds hoog. Kan die springende ooglid iets daarmee te doen hê  en is daar iets wat ek kan doen om dit te stop.
Answer 6,790 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Ile

Daar is nie altyd 'n rede vir 'n ooglid wat spring nie. Dit word wel geassosieer met hormoon vervanging terapie, asook in pasiente wat afhanklik is van benzodiazepine. Daar is ook 'n assosiasie met besering van die basaal ganglion in die brein. Dit is moontlik dat die verhoogde intra-kraniale druk die oorsaak is vir jou springende ooglid.

Jy kan kalsium chloried aanvullings gebruik en jou dokter vir botox inspuitings in die spier vra. In erge gevalle kan die spier wat die oorsaak van die oogspasma is, verwyder word.

Ek stel voor dat jy die simptome met jou neuroloog bespreek.

Groete




Dr Anrich
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9432 votes
No
68% - 19940 votes
Vote