Ask an expert
Question

03 Feb 2006

stywe ledemate
Hi Dokter.

Wat kan die probleem wees. In die oggende wanneer ek opstaan is my hele lyf styf en seer. Dit is nie die matras nie want dit is n goeie matras. As ek slegs 3 trappe klim is my bene vreeslik seer. Ek moet se dit is meer in my bene en rug. Ek ly ook aan rustelose bene sindroom. Ek is slegs 40 jaar oud. Ek wil ook vreeslik graag stap maar my bene pyn verskriklik slegs na n kort tydjie. Dit is nie "shin splits nie: dit is meer n brand gevoel aan my onderbene voor.
Answer 5,033 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Elmarie,
Dis nie normaal vir jou ouderdom nie. Dit kan of 'n tekort aan bloedvloei in die bene wees, of dalk het jy 'n artritis van soorte. Laat jou GP jou na 'n rheumatoloog verwys - hy/sy sal die nodige bloede trek en x/strale neem om te sien waarom dit gebeur en jou dan op toepaslike medikasie sit. Moet asb nie uitstel nie, as dit bv rheumatologiese artritis is kan mens baie gewrig skade voorkom as jy betyds begin behandel.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.