Ask an expert
Question

03 Oct 2006

Sukkel om te eet
Eerstens baie dankie vir advies wat ek voorheen van u ontvang het. Daarom weer hierdie skrywe. My man het omtrent 18 maande terug sy 2de mantelvliesbreukoperasie gehad. Baie van die simptome wat hy gehad het soos duisligheid, erge diarree ens het ons oor gewonder tot ek in een van u antwoorde gelees het oor "dumping syndrome" en kon toe hierdie simptome daarmee assosieer. Wat ons egter steeds kwel is die volgende: my man ervaar dit soms moeilik om kos te sluk en beskryf die gevoel as wurg. Hy kry wel later die kos af maar soms moet hy maar toilet toe gaan om te gaan braak as hy dit nie kan afkry nie. Ook is dit nie net seker kossoorte wat dit veroorsaak nie, maar alles.
Answer 2,847 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Liewe Riette
Daar kan 'n vernouing in sy slukderm wees agv die operasie ( soos 'n litteken wat vorm) en dalk net gerek moet word - hy moet asb 'n gastro-enteroloog sien want ek dink 'n gastroskopie is nodig
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9472 votes
No
68% - 20294 votes
Vote