Ask an expert
Question

04 Sep 2007

Terugvoer: verwys 1840
Baie dankie Dok. Bets en Anxiouis.

Ek het verlede week aangedring op bloedtoetse en dit is die resultate:

Yster: 6.1
Vastende Cholestorol: 6.8 totaal, 5.3 LDL, 1.2 HDL
Witseltelling: 11.57
Besinking: 26
Glukose: 4.4

Ek kan ongelukkig nie die pilletjie se naam onthou nie, maar ek het gister oop kaarte met die GP gespeel en vir hom verduidelik dat ek nie die pil gaan drink nie en ek voel dat die bloedtoetse alleen gee vir my genoeg rede hoekom ek die simptome kan hê van moegheid, kortasem, soms hartkloppings ander kere onreëlmatige hart, koors gevoel, lyfseer.

Ek kan net nie verstaan hoekom ek so 'n lae YSTER telling het nie, aangesien ek 'n Hist. gehad het en my dieet bestaan uit genoeg groen groentes! Hy het vir my AUTRIN (2x per dag) voorgeskryf en ASPAVOR 20mg (ek was vroeër op Simvastatin). Die GP is van mening dat ek dalk intern iewers bloed verloor en sal na afloop van 3 maande weer kyk na yster vlak en indien nie verbetering nie, praat hy van Gastroskopie en Kolonoskopie doen!

Van watter "interne bloeding" praat hy? Dit klink vir my onwaarskynlik want 'n mens moet tog sekerlik pyn, ongemak hê?

Ek sien oor 4 dae die Kardioloog en dan sal ek die bloedtoetse ook vir hom wys.

Baie dankie nogmaals! Heerlike dag verder.
Answer 968 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Cornel
dit is standaard om te soek vir interne bloeding - kan wees van 'n klein maag ulcus of 'n poliep in die derm wat bloei - mens kom dit baie keer nie eers agter nie! Ander oorsake is te min yster inneem, of yster word nie opgeneem nie, (mens moet pasop want sekere goed soos koring en tee kort nadat jy jou groen groentes ge-eet het verminder jou ysteropname). Eet jy vleis?
Ek is bly jy het met hom gepraat - deesdae moet die dr en pasient onderhandel en bespreek wat die beste behandeling sal wees, waar die dokters van die ou dae autokraties was!
Anxious is reg - ek het nou bietjie hulp oor naweke en kan bietjie afskakel en met die familie kuier - baie lekker! Ek is by julle van Maandag tot Donderdag!
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
33% - 9362 votes
No
67% - 19315 votes
Vote