Ask an expert
Question

12 Sep 2008

Terugvoering
Hi Doc,

Baie dankie vir die raad. Ek gaan beslis nie weer aan my laat sny nie. Ek was vreesbevange voor die operasie oor hoe my " zip"  gaan lyk en nou het my wond so mooi gesond geword en ek kan al cleavage wys (met bietjie onderlaag op kan ' n mens dit skaars sien). Nee, hulle gaan nie weer aan my sny nie.

Ek het ' n klomp verslae van Blommie en Shirurg bymekaar gemaak en bloedtoetse en xrays en als wat al gedoen is. Nuwe Cardio moet maar besluit wat kan hy gebruik en wat wil hy oor doen.

Ek wil net graag weet: hoekom het ek ewe skielik die laaste 3 weke weer vog retensie??? dit maak my bietjie bang dat dit hart-verwant is...

Ek is al vir die afgelope 6 weke op ' n Herbalife Shake-dieet en het in die begin goeie vordering gehad, maar die laaste 3 weke het ek niks cm' s of gewig verloor nie... dis toe wanneer die vog-retensie begin het. Waterpilletjies is darem maar wonderlik! Ek het sommer in ' n paar uur se tyd 2kg verloor! maar dis ' n simptoom en nie die oorsaak vir die water-retensie nie.

So, ek vat Maandag my tjorretjie Cardio toe vir ' n algemene diens :)

Ek sal laat weet as ek terug is.

Baie dankie, lekker naweek!
Answer 1,280 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Cornel

Goed om weer van jou te hoor en dankie vir die terugvoering.

Groete



Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9422 votes
No
68% - 19856 votes
Vote