Ask an expert
Question

04 May 2004

Urethra irritasie?!
Goeienaand dokter.

Verskoon asseblief die lang brief dokter, maar ek wil graag mooi aan dokter verduidelik wat nou fout is!

Ek het vergeet om vir dokter te vra... Ek het soort van n urethra irritasie, en het gewonder of dokter dalk vir my enige raad aangaande dit het.

Wanneer ek gaan sit in n sekere posisie, kan ek so suurerige gevoel in my urethra voel. Ek was in kontak met die uroloog van die Verenigde Koninkryk en het hom vir raad gevra, en hy het my aanbeveel om elke dag vir n paar dae n boks cranberry sap te drink. Ek het dit gedoen vir plus minus 4 dae lank, en kon nie enige verbetering ervaar nie.

Ek het daardie voorvel probleem gehad wat besig is om sterk te verbeter - ek kan agter kom dat die voorvel baie begin rek om rede ek dit baie oefen in die bad. Ek het ook gewonder - ek is nog baie bang om aan my glans te raak, om rede ek nog bang is dat dit so sensitief sal wees soos voorheen. Ek wil dus by dokter weet of die penis lam (dood) raak wanneer dit in die water geplaas word, sodat ek kan weet of ek daaraan kan vat en nie bang hoef te wees nie. Sal ek enige sensitiwiteit voel onder die water indien daar enige is?!

Ek drink ook Adco Soda Sol om te kyk of my urethra irritasie nie wil opklaar nie. Ek drink ook baie water.

Ek kan agter kom dat my urethra nie meer brand wanneer ek klaar ge-urineer het nie. Hopelik is dit n teken van verbetering. Voorheen het dit ERG gebrand.

Ek het verdere navorsing op die internet gedoen om te kyk wat veroorsaak urethra irritasies, en het gesien dat hulle se mens moenie dire urethra "melk" of trek nie, jy moet dus jou penis skud nadat jy ge-urineer het. Hier is ek ook skuldig, want om rede ek nog n stywe voorvel gehad het, het ek die penis soort van "gemelk" om die druppeltjies uriene uit te kry.

Ek het onlangs begin om te urineer met my voorvel teruggetrek, en probeer dus ontslae raak van my urethra irritasie, en nou kan ek ook toilet papier gebruik om aan die voorpunt van die voorvel te plaas om die binneste uriene uit te trek - so het die uroloog van die VK gese.

Ek verstaan dat die irritasie van daardie gedurende "gemelkery" van die penis af kom. Dink dokter dit is die oorsaak?!

Het dokter dalk ENIGEraad om my urethra weer REG te kry? Enige iets wat ek kan drink of neem?!

EK IS JAMMER DAT EK DOKTER SO LASTIG VAL!!!

DOKTER SE RAAD WORD OPREG WAARDEER, EK WEET NIE MEER HOE OM DANKIE TE SE NIE!!!

Groete
Morné ;-)

P.S. Is n urethra irritasie iets ernstigs? Kan ek dit self dokter? Ek is so bang om dokter toe te gaan en dat hy dalk dan iets moet indruk of iets?! Hoe lank vat dit min of meer vir so n irritasie om op te klaar?!

Totsiens!

;-)



Answer 1,295 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Morne, dit klink vir my of jy oppad na beterskap is, so die beste sal wees om aan te hou met wat jy doen. Sovêr dit diie irritasie aangaan – ek dink nie dis gevaarlik nie. Sterkte
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.