Ask an expert
Question

01 Jun 2004

Verkoue/Griep vs. Hitte/Koue
Ek sit die hele dag voor my verwarmer en moet kort-kort allerhande 'remarks' hoor oor dat ek verkoue of griep gaan kry. Hoe meer ek se dat dit n nonsens storie is hoe meer hoor ek dit. Ek het erens gelees dat die verkoue virus koue nodig het om te oorleef, daarom se hulle, klim in die bed en sweet hom uit. Die verkoue virus kan nie in hitte oorleef nie. My logieka se dus vir my dat ek minder kans het om siek te word as die outjies wat heeldag in n koue kantoor sit. Hoe reg of verkeerd is ek. Ek wil nie n stryery begin as ek nie feite het nie. Help gou met die nodige inligting oor verkoue en wat hitte en koue dan daarmee te doen het.
Answer 1,768 views
Expert
CyberDoc
CyberDoc

01 Jan 0001

Jacqui, dis al oor en oor bewys dat temperatuur per se nie ‘n vreeslike rol het in die ontwikkelling van verkoue/griep in ‘n individu nie. Die ding met verwarmers is dat hulle gewoonlik die lug uitdroog en dit dan jou slymvliese uitdroog wat jou meer vatbaar maak om die infeksie te ontwikkel. Matige koors mag tot voordeel wees vir jou immuun sisteem, maar dis nog oop vir debat. Mens kan regtig nie jou liggaam so verwarm dat jy die virus kan dood maak nie. Koue sal ook nie veel doen nie, behalwe dat dit energie neem om warm te word en as mens se reserwes bietjie laag is mag dit energie van die immuunsisteem “steel” en jou sodoende meer vatbaar laat. In gesnde mense is dit nie werklik ‘n probleem nie. So, al twee partye is reg en verkerd. :-)
Laat weet maar as jy nog vrae het.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9465 votes
No
68% - 20204 votes
Vote