Ask an expert
Question

26 Sep 2008

Verwys: 1888 (terugvoer)
Hi Doc,

Ek het vanoggend vir die eerste keer in my lewe flou geword. Gelukkig was ek nog in my badkamer en was die episode vinnig verby. Ek weet nou nog nie wat gebeur het nie...

Ek het al die moontlikhede ondersoek (het gister-aand 18h30 Pasta gehad), het gedurende die nag baie opgestaan vir my dogtertjie wat knieserig is (het nie snaaks gevoel of iets nie) en toe ek later die oggend by die firma-Kliniek my bloeddruk laat neem het: ' n perfekte 125/90. Net hartklop baie onreelmatig.

Ek het my GP gaan sien en hy het die Adco-retic (1/2 een per dag)wat verlede week se Kardio gegee het, vervang met " Apiloretic"  2 ' n dag en Plenish K.

Hy sal verkies dat ek terug na dr. Blomerus, omdat ek nou Sinskopie by gekry het en nogsteeds borspyne, kortasem. Hy voel ook dat verlede week se Kardio ' n verstrooide professor is en stem nie saam met die " Pulmonary hypertension"  diagnose nie.

As ek teen volgende week Vrydag nie ' n verbetering voel nie of weer sinskopie kry, sal ek vir Blommie gaan kuier...

Ek sal laat weet.
Geniet die naweek :)

Answer 702 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Cornel

Dankie vir jou terugvoering.

Laat weet asseblief of jy gebad of gestort het en dalk vinnig in die koue lug uitgeklim het, aangesien dit die floute kon veroorsaak, asook pulputasies. Dit kon veroorsaak word, aangesien bloeddruk laag is in hitte en vinnig daal wanneer jy opstaan en dan weer deur koue geprikkel word.

Groete




Dr Anrich Burger
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9439 votes
No
68% - 20038 votes
Vote