Ask an expert
Question

19 Jun 2004

VITAMIEN B12 <WATTER SYMPTOME KAN OP N TE KORT OF TE VEEL WYS>
KAN U VIR ONS N PAAR SYMPTOME GEE VAN VITAMIEN B12 TE KORT OF TE HOE IN NAME?

WAT GEBRUIK JY DAAR VOOR ?

KAN ANDER OOK VAN HULLE ERVARING VAN VIT B12 VIR ONS SKRYF.

DANKIE
Answer 3,217 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Beste Johan,
Vit B12 tekort kan vir mens bloedarmoede gee, naarheid, diaree en hardlywigheid wat afwissel, maagpyn, seer gladde tong, gewigsverlies. Die hande en voete kan naalde en spelde kry, jy kan van balans af wees, depressief voel of deurmekaar raak. Mens skei gewoonlik 'n oormaat vit B uit in jou urine, so dit is nie algemeen om oormatige Vit B probleme te kry nie - jy kan dalk geler as normaal lyk weens die neerslag in die vel.
Die behandeling van tekort is maar die inname van vit B 12 deur pille of inspuitings.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.