Ask an expert
Question

03 Nov 2008

Waarmee vervang ek Spiractin?
Hallo Dr. Bets.

Ek is Spiractin en Puresis voorgeskryf na ' n ondersoek (wat ' n EKG ingesluit het) omdat my voete geswel het. Die diagnose was hartversaking.
Die newe effek van Spiractin het was pyne agter my tepels en basies seer borste. Ek het opgehou Spiractin gebruik, en die dokter het gesê  dat ek slegs met Puresis (een per dag) moet voortgaan. Ek drink dit elke dag.
Die naweek was my voete so geswel dat ek nie my crocs kon aantrek nie. My voete brand so dat ek dit in koue water wil druk as gevolg van pyn omdat die vel rek om by die swelling te bly.
Dokter is vol bespreek vir vandag en mô re in ' n teater. Intussen het ek weer begin Spiractin drink en die swelling sak en en voel dit weer in my borste. Wat doen Spiractin wat Puresis nie doen nie. Waarmee kan ek Spiractin vervang? Of sou jy voorstel dat ek Spiractin vervang met nog ' n Puresis?
Answer 2,563 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Dave
Nee moenie die Puresis verhoog nie - max 40 mg per dag is genoeg, en mens moet aanvulling van Kalium neem. Probeer voltaren jel op jou borste smeer as dit seer is en neem Vit B6 100 mg per dag (4 pilletjies x 25 mg) Kyk of dit help en dan laat weet jy my?
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.