Ask an expert
Question

25 Sep 2008

Wond gesondheid: Nat wond word nie beter
' n paar dae gelede toe begin daar ' m puisie in die waai van my been. Ek smeer toe maar Bactoban op en gaan slaap. Die ding raak toe net groter. Ek smeer net Bactroban aan want gewoonlik laat die Bactroban dit verdwyn.
5 Dae gelede toe ek in die oggend wakker word toe het die puisie (dit lyk my) gebars en nou sit ek met ' n ronde gaatjie in my been (nie groter as 1-2mm) in die waai van my been. Die gaatjie bly nat, daar kom nie bloed uit nie maar wel ' n helderkleurige water - wat soms biekie smetterig is.
Ek maak die wond so 3-4 keer per dag skoon met ontsmettingsmiddel en smeer bactroban aan om te keer dat die kieme intrek maar die ding bly nat en ' n oop wond.
Answer 1,925 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Soppie
Kyk bietjie of daar nie 'n ingroei haartjie is, of 'n onderliggende absessie nie? As dit nie so lyk nie, kan jy vir eers aangaan met wat jy nou doen ( ek sou dit toeplak met 'n gasie en pleister) - dit vat partykeer 'n week tot 10 dae om te genees.
Dr Bets
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.