Ask an expert
Question

14 Oct 2006

wondvog na histerektomie
Hi Doc
Ek het die 5e Okt 'n totale histerektomie gehad. Alles het baie goed gegaan, net 'n vraag of twee. Ek is die 8ste Okt ontslaan en die 9e het die dr die steke en dreinerings pyp uitgehaal. Ons het dieselfde dag 700km terug gery huis toe. Ek het tot op hede nog nie rerig pyn gehad nie, net die wond wat trek, maar sedert gister, die 13e, is daar geweldig baie wond vog dit loop sommer teen my been af. Ek moet ook seker by sê, my sny is gemaak waar my keiser snye was. Behalwe om deppers op te sit dat my klere nie vuil raak nie, wat kan ek nog doen? Moet ek baie beweeg of min? Ek gedra my redelik stil, tel nie swaar goed op nie ens ens. Ons is ongeveer 30km vanaf die naaste dr, so dis hoekom ek maar die vrae per internet vrae. Ek het met die dr gepraat wat die operasie gedoen het en moet hom na 3 dae -|- ak indien die vog nie minder geword het nie, maar ek wil intussen weet wat om te doen.
Baie dankie
Answer 4,060 views
Expert
CyberDoc
cyberdoc

01 Jan 0001

Hallo Liza
Sit net skoon gasies op dat dit die vog opsuig en maak skoon met antiseptika soos verdunde Dettol of Savlon. Gedra jou maar stillerig, maar loop rond - moet net nie swaar goed optel of probeer huis skoon maak of kar bestuur nie! As die wondvog helder deurskynend en geel is, en die area waar dit uitlek is nie rooi nie, en jy is nie koorsig nie, kan jy dit kans gee om self op te klaar. As dit dik geel word, sleg ruik, die vel rooi word of die gaatjie toegroei en daar 'n knop vorm, moet jy asb die dokter so gou moontlik gaan sien.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
Voting Booth
Have you entered our Health of the Nation survey?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes
32% - 9474 votes
No
68% - 20305 votes
Vote