Ask an expert
Question

20 Jan 2006

Erg geirriteerd met man se vriend
Ek is erg geirriteerd met my man se vriend. Hy is baie jonger as my man en is ongetroud en het nie 'n vaste meisie of vriendin nie. Vir my en my kinders lyk dit of die ou dalk gay is, want sy hele houding spreek daarvan. Ek wil net noem dat ek niks teen gay mense het nie, inteendeel van my beste vriende is gay. Wat my pla van die ou, is dat hy tydig en ontydig bel na my man se selfoon en inbreuk maak op ons privaatheid, bv. gisteraand het ons as gesin gebraai saam met die kinders en aanmekaar lui my man se selfoon soos wat die ou hom bel. My man het nie eens die foon geantwoord nie. Dieselfde het oor die naweek gebel. As die ou kom kuier, kyk hy my nie eens in die oe nie en as ek gaan slaap, praat hy en my man tot laat in die nag, ek weet nie eens waaroor nie. My man is definitief nie gay of biseksueel nie, daarvan is ek 100% seker. Wat my ook irriteer is dat my man probeer "afshow" voor die outjie, want daar word grootgepraat oor al sy vorige meisies en selfs oor my. My man se sekretaresse het my ook al vertel die ou kom gedurig in werkstyd na my man se kantoor toe en kom pla hom by die werk oor allerhande nonsens. Ek voel die ou het nie 'n lewe nie en nou voel hy belangrik om met my man vriende te wees, my man kry hom eintlik vreeslik jammer omdat hy so sukkel in sy persoonlike lewe en finansieel, maar nou veroorsaak die vriend konflik in my huwelik, omdat ek voel dat ek nie my vriendinne toelaat om in ons privaatruimte en gesinstyd in te meng nie, maar die ou is dikvellig. Hy het bv. die naweek seker 11 keer na my man se foon toe gebel, al het my man nie geantwoord nie. Wat staan my te doen?
Answer 828 views
Expert
CyberShrink
cybershrink

01 Jan 0001

You surely need to discuss this pleasantly but frankly with your husband. With caller ID, there's no need for him ever to answer the phone to that guy calling, or simply switch of the cell in his private time --- unless he's a doctor on call, of so iets, he doesn't need to be that available. It's not likely to be the Nobel Priz Committee calling him at night ! Sounds like the guy may be pathetically lonely, and your husband needs to speak to him pleasantly but firmly, and make it clear that he doesn't appreciate all these calls and interruptions to his work and private life.
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical examination, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.